In die begin God die hemel en die aarde gemaak en alles wat daarin is. God het die eerste man en vrou gemaak. Adam en Eva het in n pragtige tuin gewoon en alles was volmaak en goed. Daar was nie hartseer, siekte of dood nie en God was by hulle. Ongelukkig het hulle n groot fout gemaak – hulle het besluit om Hom nie te gehoorsaam nie wat veroorsaak het dat sonde vir die eerste keer in die wereld gekom het. Sonde is om ongehoorsaam te wees aan God se reels, bv om te steel, hoogmoedig te wees of leuens te vertel. Ons het almal gesondig en agv van ons sonde is die wereld nie meer die perfekte plek wat Hy geskape het nie. Dit is nou n gebroke wereld, vol swaarkry, haat, boosheid en ongeregtigheid. Die ergste gevolg van sonde is dat sondaars hel toe gaan waneer hulle sterf en dat hulle vir ewig geskei word van God. Sommige mense glo nie dat die hel bestaan nie maar dit is n werklike en skrikwekkende plek waaruit niemand kan ontsnap nie.
Maar, daar is GOEIE NUUS! God het ons so lief gehad dat Hy iets wonderliks gedoen het. Hy het sy Seun, Jesus Christus, na die aarde toe gestuur om vir ons te sterf. Toe Jesus aan die kruis gesterf het in ons plek, het Hy die prys vir ons sonde betaal sodat ons gered kan word indien ons in Hom glo. Dit beteken dat ons dan nie nie hel toe sal gaan nie maar dat ons in plaas daarvan, na die hemel toe sal gaan om saam met Hom vir ewig te lewe. Die res van hierdie traktaat sal vir jou verduidelik hoe jy gered kan word en wat jy moet doen nadat jy gered is.
HOE WORD ONS GERED?
1. ONS MOET GELOOF IN JESUS CHRISTUS HE
Die enigste manier waarop ons gered kan word is om te verstaan en te glo wie Jesus is en om te glo dat Hy vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Ons moet ook saamstem met Sy leringe en onderneem om Hom vir die res van ons lewens lief te he, te volg en te vertrou vir ons saligheid.
a. Wie is Jesus? Jesus is God. Hy is ook die Seun van God. Die Bybel het lank gelede beloof dat Hy sal kom om ons te red van ons sonde.
b. Wat het Hy vir ons gedoen? Hy het meer as 2000 jaar gelede na die aarde toe gekom om te sterf in ons plek. Terwyl hy as mens op aarde was was hy 100% mens en ook 100% God. Alhoewel Hy nooit sonde gedoen het nie, is hy doodgemaak deurdat Hy aan n kruis vasgespyker is. Toe Hy gesterf het, het Hy met sy bloed betaal vir ons sonde sodat God die Vader ons kon vergewe. Hy is begrawe maar Hy het na 3dae uit die dood opgestaan.
Jesus het gese “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” [Joh 14:6] M.a.w. ons kan deur niemand anders gered word nie.
2. VRA GOD DIE VADER OM JOU SONDES TE VERGEWE
Ons moet eers erken dat ons sondaars is. Ons moet besef dat ons – indien ons nie waarlik tot bekering kom nie – eendag skuldig voor God sal staan wanneer Hy ons oordeel. Dan sal ons nie enige verskonings kan he vir ons sondes nie. Ons sal ook nie ander mense of omstandighede die skuld kan gee vir wat ons gedoen het nie.
Ons moet regtig jammer wees oor ons sonde en God vra om ons te vergewe. Dit beteken dat ons ons rug op die sonde moet draai en moet probeer om nie meer te sondig nie. As ons ernstig daaroor is, sal God ons vergewe vir al die sonde wat ons gedoen het. [1 Joh 1:9]. Geen sonde is vir Hom te groot om te vergewe nie. Ons moet ook verander. Ons gedagtes, woorde en dade moet in lyn kom met wat die Bybel leer.
3. NEEM JESUS CHRISTUS AAN AS JOU HERE EN JOU VERLOSSER
Die Bybel se dat ons met die mond moet bely dat Jesus die Here is en dat God Hom uit die dood opgewek het [Rom 10:9] Wanneer ons Jesus ons Here maak beteken dit dat Hy ons Koning word… dat ons Hom gehoorsaam, volg en liefhet met ons hele hart vir die res van ons lewens [Kol 1:22-23]. Ons moet Jesus dan vra om die Redder en Saligmaker te wees. Wanneer ons dit doen, neem God die Vader ons uit die koninkryk van die duisternis en bring Hy ons in die koninkryk van sy Seun. Ons behoort dan aan Hom, ons word sy kinders [Joh 1:12] en ons ontvang sy Heilige Gees [Joh 14:17 wat ons nuut maak [2 Korinthiers 5:17]. Ons word dan ‘wedergebore’ en ons word n nuwe mens in Christus.
Behalwe dat Jesus ons Here en Verlosser word, word God ook ons liefdevolle Vader, en die Heilige Gees word ons vriend en ons metgesel. Wanneer ons weet dat ons gered is, hoef ons nie meer bang te wees vir die dood nie omdat ons weet dat ons hemel toe gaan wanneer ons sterf.
WAT MOET ONS DOEN NADAT ONS TOT WEDERGEBOORTE GEKOM HET
1. LEES DIE BYBEL
Die Bybel is God se boodskap aan ons en alles daarin is waar. Probeer om elke dag daaruit te lees en vra die Heilige Gees om jou te help om dit te verstaan en toe te pas. Die Bybel leer ons wie God is – dat Hy drie Persone is, Vader, Seun en Heilige Gees, maar dat Hy een God is. Dat Hy ons baie liefhet maar dat Hy verwag dat ons Hom moet gehoorsaam. Die Bybel verduidelik ook wat ons mag doen en nie mag doen nie. Hoe meer ons die die Woord van God lees en bestudeer, hoe meer sal ons God verstaan en liefhe. As jy die Bybel vir die eerste keer lees, begin by die Nuwe Testament en lees daarna ook die Ou Testament. Albei is baie belangrik. Onderstreep wat vir jou belangrik is en probeer om hierdie verse te memoriseer.
2. GEBED
Bid elke dag. Gebed is om met die Here te praat. Ons praat met God die Vader in die Naam van Jesus en ons praat met Hom soos wat ons met n baie geliefde en gerespekteerde persoon sal praat. Ons kan met Hom oor enigiets praat. As daar bv iets is waaroor ons bekommerd is of bang voor is, kan ons Hom daarvan vertel en Hom vra om ons te help. Ons kan vir Hom dankie se vir wie Hy is en wat Hy vir ons gedoen het. Dit is ook belangrik om vir ander te bid. Wanneer ons bid maak ons gewoonik ons oe toe omdat dit dan makliker is om ons volle aandag aan Hom te gee. Ons kan hoorbaar bid maar die Here hoor ons ook wanneer ons saggies bid. Hoe meer ons bid en op Hom staatmaak hoe hegter raak ons verhouding met Hom.
3. GEHOORSAAMHEID
Die Bybel vertel ons dat die Here ons meer liefhet as wat ons ooit kan dink [Joh 3:16] maar ook dat Hy n heilige God is en dat Hy van ons verwag om heilige lewens te lei [1 Petrus 1:15]. Dit beteken dat ons moet doen wat die Bybel ons leer (wanneer ons dit nie doen nie, doen ons sonde). Dit is baie belangrik om aan Hom gehoorsaam te wees. [Johannes 14:15] en ons moet ook die goeie werke doen wat die Bybel se ons moet doen.. Die Here het ons lief maar Hy haat die sonde wat ons doen omdat Hy weet wat die hartseer en gevaarlike gevolge van sonde is. Wanneer ons wedergebore word moet ons n opregte begeerte he om nie meer sonde te doen nie. Sonde veroorsaak dat daar n verwydering tussen ons en God kom. Wanneer ons Hom vra om ons te vergewe en ons draai ons rug op die sonde word ons verhouding met Hom weer herstel. Die Bybel waarsku ons ook om weg te bly van enige vorm van toordery of okkultiese bedrywighede [1 Johannes 14:4] Genesis 20:3 se dat ons geen ander gode mag aanbid nie.
Onthou asb dat ons die Here nie gehoorsaam en goeie werke doen sodat ons gered kan word nie. Ons gehoorsaam Hom omdat Hy ons beveel het om Hom te gehoorsaam en ook omdat ons dankbaar is dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het sodat ons die ewige lewe kan he.
4. GAAN GEREELD KERK TOE
Gaan geeeld na n kerk waar die waarheid van die Bybel verkondig word. Wanneer die predikant of pastoor iets se wat teenstrydig is met die Bybel, glo eerder die Bybel [Johannes 17:17] omdat kerkleiers partykeer die Bybel verkeerd kan verstaan. Indien jou kerk nie volgens die Bybel preek nie, gaan liewer na n ander kerk waar die waarheid verkondig word. God wil he dat ons n goeie verhouding met ander Christene moet he sodat ons mekaar kan aanmoedig om sterk kan staan in ons geloof. Ander gelowiges is ons geestelike familie.
5. ONS MOET GEDOOP WORD
Jesus het sy dissipels opdrag gegee om die mense wat Hom aangeneem het te doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees [Mat 28:19]. Die predikant of pastoor sal jou onder die water sit wat beteken dat jy saam met die Jesus begrawe is. Wanneer hy jou uit die water lig beteken dit dat jy opstaan in n nuwe lewe in Christus.
6. VERTEL VIR ANDER VAN DIE GOEIE NUUS
Net voordat Jesus opgevaar het na die hemel het Hy sy dissipels beveel om na al die nasies te gaan en volgelinge van hulle te maak en hulle te leer om alles te doen soos wat Hy sy dissipels geleer het [Mat 28:19-20] Ons as Christene moet ook vir soveel mense vertel van Jesus sodat hulle ook gered kan [2 Pet 3:9] word en die ewige lewe kan he. Daar is so baie mense wat nog nooit van Hom gehoor het nie; wat nie in Hom glo nie en wat Hom nie volg nie. Die Here wil he dat ons hierdie goeie nuus na soveel moontlik ongeredde mense moet neem sodat hulle ook gered kan word en eendag hemel toe kan gaan. [Joh 3:16]
www.sharingbiblicaltruth.co.za